Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 24:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Jy het vandag verklaar dat jy aan my goed gedoen het en dat יהוה my in jou hand oorgelewer het en tog het jy my nie gedood nie,

19. want as iemand sy vyand vind, sal hy hom veilig laat gaan? Mag יהוה jou daarom met die goeie beloon vir wat jy vandag aan my gedoen het.

20. Nou, let op, ek weet dat jy sekerlik koning sal wees en dat die koninkryk van Yisra’el in jou hand bevestig sal word.

21. Nou, sweer vir my by יהוה dat jy my nageslag ná my nie sal afsny en my naam nie uit my vader se huis sal vernietig nie.”

22. Dawid het vir Sha’ul gesweer en Sha’ul het na sy huis toe gegaan, maar Dawid en sy manne het na die vesting toe opgegaan.