Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 24:13-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Soos die spreekwoord van die oumense sê: ‘Uit die wetteloosheid kom boosheid voort,’ maar my hand sal nie teen u wees nie.

14. Agter wie aan het die koning van Yisra’el uitgekom? Wie agtervolg u? ’n Dooie hond, ’n enkele vlooi!

15. יהוה sal daarom Regter wees en besluit tussen u en my. Mag Hy my saak sien en verdedig en my bevry uit u hand.”

16. Toe Dawid klaar hierdie woorde tot Sha’ul uitgespreek het, sê Sha’ul: “Is dit jou stem, my seun Dawid?” Toe het Sha’ul sy stem opgelig en gehuil.

17. Hy het vir Dawid gesê: “Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek boosheid aan jou gedoen het.

18. Jy het vandag verklaar dat jy aan my goed gedoen het en dat יהוה my in jou hand oorgelewer het en tog het jy my nie gedood nie,

19. want as iemand sy vyand vind, sal hy hom veilig laat gaan? Mag יהוה jou daarom met die goeie beloon vir wat jy vandag aan my gedoen het.

20. Nou, let op, ek weet dat jy sekerlik koning sal wees en dat die koninkryk van Yisra’el in jou hand bevestig sal word.