Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 24:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Sha’ul terugkom van die agtervolging van die F’lishtyne, is vir hom vertel en gesê: “Let op, Dawid is in die wildernis van `Ein-Gedi.”

2. Toe vat Sha’ul drie duisend uitgesoekte manne uit die hele Yisra’el en gaan om Dawid en sy manne te soek voor die Rotse van die Bergbokke.

3. Hy het op pad by die skaapkrale gekom waar daar ’n grot was en Sha’ul het ingegaan om homself te verlig. Dawid en sy manne het in die agterste kamers van die grot gesit.

4. Die manne van Dawid sê vir hom: “Let op, dit is die dag waarvan יהוה vir u gesê het: “ Ek is op die punt om jou vyand in jou hand te gee en jy sal met hom maak soos jy goeddink.” Toe staan Dawid op en sny stilletjies die soomhoek van Sha’ul se kleed af.

5. Dit het later gebeur dat Dawid se gewete hom gepla het omdat hy die soomhoek van Sha’ul se kleed afgesny het

6. en hy het vir sy manne gesê: “As gevolg van יהוה is dit ver van my dat ek hierdie ding aan my meester, die gesalfde van יהוה, sou doen om my hand teen hom uit te steek, want hy is die gesalfde van יהוה.”