Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 19:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Ek sal uitgaan en langs my vader staan in die veld waar jy is en ek sal met my vader oor jou praat; as ek iets uitvind, sal ek jou vertel.”

4. Toe het Y’honatan goed van Dawid gepraat by Sha’ul, sy vader en vir hom gesê: “Moenie dat die koning sondig teen sy dienskneg Dawid nie, aangesien hy nie teen u gesondig het nie en omdat sy dade baie voordelig vir u is,

5. want hy het sy lewe in sy hand geneem en die F’lishtyne neergeslaan en יהוה het vir die hele Yisra’el ’n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en was verheug. Waarom sal u dan teen onskuldige bloed sondig deur Dawid sonder rede dood te maak?”

6. Sha’ul het na die stem van Y’honatan geluister en Sha’ul het ’n eed geneem: “Soos יהוה leef, hy sal nie gedood word nie!”

7. Toe het Y’honatan vir Dawid geroep en Y’honatan het al hierdie woorde vir hom vertel. Y’honatan het Dawid na Sha’ul gebring en hy was in sy teenwoordigheid soos vroeër.