Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 17:24-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe al die manne van Yisra’el die man sien, vlug hulle van hom af weg en was baie bang.

25. Die manne van Yisra’el het gesê: “Het julle hierdie man gesien wat opkom? Hy het sekerlik opgekom om Yisra’el uit te tart en dit sal wees dat die koning die man wat hom doodmaak sal verryk met groot rykdom en ook vir hom sy dogter gee en sy vader se huis in Yisra’el vry maak.

26. Toe praat Dawid met die manne wat by hom staan en sê: “Wat sal vir die man gedoen word wat hierdie F’lishtyn doodmaak en die smaad van Yisra’el af wegvat? Wie is hierdie onbesnede F’lishtyn dat hy die leërmagte van die lewende God uittart?”

27. Die manne antwoord hom volgens hierdie woorde en sê: “Só sal gedoen word vir die man wat hom doodmaak.”

28. Eli’av, sy oudste broer, het gehoor toe hy met die manne praat en Eli’av se woede het gebrand teen Dawid en hy het gesê: “Hoekom het jy afgekom en by wie het jy daardie paar skape in die wildernis gelos? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien.”

29. Dawid sê egter: “Wat het ek nou gedoen? Was dit nie net ’n vraag nie?”