Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 11:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe hy dié woorde hoor, kom die Gees van God kragtig oor Sha’ul en hy het baie kwaad geword.

7. Hy het ’n juk beeste gevat, hulle in stukke gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Yisra’el gestuur om te sê: “Wie ook al nie agter Sha’ul en agter Sh’mu’el aan kom nie; so sal met sy beeste gedoen word.” Toe val die skrik van יהוה op die mense en hulle kom uit soos een man.

8. Hy het hulle in Bezek getel: die seuns van Yisra’el was drie honderd duisend en die manne van Y’hudah dertig duisend.

9. Hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: “So moet julle vir die manne van Yavesh-Gil’ad sê: ‘Môre, teen die tyd dat die son warm is, sal julle bevryding hê.’” Die boodskappers het gegaan en dit aan die manne van Yavesh vertel en hulle was verheug.

10. Toe sê die manne van Yavesh: “Môre sal ons na julle toe uitkom en julle kan met ons doen net wat julle goeddink.”

11. Die volgende oggend het Sha’ul die manne in drie afdelings verdeel en hulle het tydens die oggendwag in die kamp ingekom en die `Ammoniete verslaan tot op die warm tyd van die dag. Die wat oorleef het, is verstrooi sodat nie twee van hulle bymekaar oorgebly het nie.

12. Toe sê die manne vir Sh’mu’el: “Wie is hy wat gesê het: ‘Sal Sha’ul oor ons regeer?’ Bring die manne dat ons hulle kan doodmaak.”