Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 11:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Die oudstes van Yavesh sê vir hom: “Laat ons sewe dae lank met rus dat ons boodskappers deur die hele gebied van Yisra’el kan stuur; dan, as daar niemand is wat ons bevry nie, sal ons na u toe uitkom.”

4. Toe het die boodskappers in Giv’ah van Sha’ul gekom en hierdie boodskap voor die ore van die mense gesê. Al die mense het hulle stemme opgehef en gehuil.

5. Nou, let op, Sha’ul het agter die beeste aan van die veld af gekom en gesê: “Wat is dit met die mense dat hulle huil?” Hulle dra toe die boodskap van die manne van Yavesh aan hom oor.

6. Toe hy dié woorde hoor, kom die Gees van God kragtig oor Sha’ul en hy het baie kwaad geword.

7. Hy het ’n juk beeste gevat, hulle in stukke gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Yisra’el gestuur om te sê: “Wie ook al nie agter Sha’ul en agter Sh’mu’el aan kom nie; so sal met sy beeste gedoen word.” Toe val die skrik van יהוה op die mense en hulle kom uit soos een man.

8. Hy het hulle in Bezek getel: die seuns van Yisra’el was drie honderd duisend en die manne van Y’hudah dertig duisend.