Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 26:24-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. was Sh’vu’el, die seun van Gershon, die seun van Moshe, owerste in bevel van die stoorkamers

25. en sy broer, Eli’ezer, sy seun Regavyahu, sy seun Yesha’yahu, sy seun Yoram, sy seun Zikhri en sy seun Shlomit.

26. Hierdie Shlomit en sy broers was oor al die stoorkamers van die afgesonderde voorwerpe, wat koning Dawid en die hoofde van die vaders, bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en die bevelvoerders van die weermag afgesonder het.

27. Sommige van die buit wat in gevegte gewen is, het hulle afgesonder om die huis van יהוה daarmee te onderhou;

28. ook alles wat Sh’mu’el, die profeet, Sha’ul, die seun van Kish, Avner, die seun van Ner en Yo’av, die seun van Tz’ruyah, afgesonder het. Wie ook al enige iets afgesonder het, dit was onder beheer van Shlomit en sy broers.

29. Van die Yitz’hariete was K’nanyahu en sy seuns, skrywers en regters vir die sekulêre besigheid van Yisra’el.

30. Van die Hevroniete was Hashavyah en sy broers, dapper manne, een duisend sewe honderd, offisiere oor Yisra’el aan hierdie kant van die Yarden, weswaarts, oor al die besigheid van יהוה en in diens van die koning.

31. Van die Hevroniete was Yeriyah die hoof, volgens die nageslag van hulle vaders. In die veertigste jaar van die regering van Dawid, is daar gesoek na magtige dapper manne en daar is in Ya’zer in Gil’ad gevind.

32. Sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd hoofde van die vaders, wat koning Dawid aangestel het oor die Re’uveniete, Gadiete en die halwe stam van die M’nashehiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.