Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 26:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Meshelemyahu het sewe seuns gehad: Z’kharyahu, die eersgeborene, Y’dia’el, die tweede, Z’vadyahu, die derde, Yatni’el, die vierde,

3. `Eilam, die vyfde, Y’hoganan, die sesde en Ely’ho’einai, die sewende.

4. `Oved-Edom se seuns was: Sh’ma’yah, die eersgeborene, Y’hozavad, die tweede, Yo’ag die derde, Sakhar die vierde, N’tan’el die vyfde,

5. `Ammi’el die sesde, Yissakhar die sewende en Pe’ultai die agtste, want God het hom geseën.

6. Daar is ook vir sy seun Sh’ma’yah seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper magtige manne.

7. Die seuns van Sh’ma’yah was `Otni, Refa’el, `Oved en Elzavad, die magtige manne en Elihu en S’makhyahu.

8. Hulle almal was uit die seuns van `Oved-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens van die Afgesonderde Plek; twee en sestig seuns van `Oved-Edom.

9. Meshelemyahu se oudste seun het seuns gehad, magtige manne, agttien.

10. Hosah, uit die seuns van M’rari, het seuns gehad, magtige manne: die oudste het gesterf en sy vader het die tweede in sy plek aangestel, maar nie vir hom die naam van die eerste gegee nie.