Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 2:33-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Sheshan het nie seuns gehad nie, net dogters en Sheshan het ’n Mitzrayitiese dienskneg gehad met die naam van Yarga.

34. Sheshan het sy dogter vir hom as vrou gegee en sy het vir hom geboorte gegee aan `Attai.

35. `Attai was die vader van Natan en Natan van Zavad.

36. Zavad was die vader van Eflal en Eflal van `Oved.

37. `Oved was die vader van Yehu en Yehu van `Azaryah.

38. `Azaryah was die vader van Heletz en Heletz van El’asah.

39. El’asah was die vader van Sismai en Sismai van Shallum.

40. Shallum was die vader van Y’kamyah en Y’kamyah van Elishama.

41. Die seuns van Kalev, die broer van Yeragme’el: Mesha, sy eersgeborene; hy was die vader van Zif.

42. Die seuns van Mareshah, die vader van Hevron was Korag, Tappuag, Rekem en Shema.

43. Shema was die vader van Ragam, die vader van Yorke’am; Rekem was die vader van Shammai.