Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 2:30-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Die seun van Appayim was Yish’i; die seuns van Yish’i was Sheshan en Sheshan het gesterf sonder seuns.

31. Die seuns van Yada, die broer van Shámmai: Yeter en Yonatan en Yeter is dood sonder kinders.

32. Die seuns van Yonatan: Pelet en Zaza. Dit was die seuns van Yeragme’el.

33. Sheshan het nie seuns gehad nie, net dogters en Sheshan het ’n Mitzrayitiese dienskneg gehad met die naam van Yarga.

34. Sheshan het sy dogter vir hom as vrou gegee en sy het vir hom geboorte gegee aan `Attai.

35. `Attai was die vader van Natan en Natan van Zavad.

36. Zavad was die vader van Eflal en Eflal van `Oved.

37. `Oved was die vader van Yehu en Yehu van `Azaryah.

38. `Azaryah was die vader van Heletz en Heletz van El’asah.

39. El’asah was die vader van Sismai en Sismai van Shallum.

40. Shallum was die vader van Y’kamyah en Y’kamyah van Elishama.

41. Die seuns van Kalev, die broer van Yeragme’el: Mesha, sy eersgeborene; hy was die vader van Zif.