Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 16:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Soek na יהוה en Sy sterkte; bid voortdurend voor Hom.

12. Onthou die wonderdade wat Hy gedoen het, Sy wonders en die regverdige oordele van Sy mond,

13. o julle, die nageslag van Avraham, Sy dienskneg, seuns van Yisra’el, Sy gekoses!

14. Hy is יהוה, ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.

15. Dink aan Sy verbond vir ewig, die boodskap wat Hy beveel het aan ’n duisend geslagte,

16. Sy eed aan Avraham en die verbond wat Hy met Yitz’gak se seuns gesluit het;

17. wat Hy bevestig het aan Ya’akov as ’n wet en aan Yisra’el as ’n ewige verbond,

18. deur te sê: “Ek sal aan jou die land Kena’an gee, die bepaalde deel van jou erfporsie.

19. Toe julle maar min was, min in getal en vreemdelinge daarin

20. en toe julle gevange weggevoer is van nasie tot nasie en van een koninkryk na ’n ander,

21. het Hy nie die heersers toegelaat om julle skade aan te doen nie, ja, hy het konings gestraf om julle ontwil

22. en gesê: “Raak nie aan My gesalfdes en doen My profete geen kwaad nie.”