Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 13:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gesit en dit uit die huis van Avinadav gedra en `Uza en sy broers het die wa gedryf.

8. Dawid en die hele Yisra’el het voor die Teenwoordigheid van God gespeel met al hulle mag, met sang, met harpe, instrumentale musiek, met simbale en tamboeryne.

9. Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het `Uza sy hand uitgesteek om die ark vas te hou, want die osse het na die dorsvloer gehardloop.

10. Die woede van יהוה het ontvlam teen `Uza en Hy het hom daar doodgeslaan omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het en hy het daar voor die ark gesterf.

11. Dawid was ontevrede omdat יהוה vir `Uza doodgemaak het; dit is waarom daardie plek Peretz-`Uza genoem word, tot vandag toe.

12. Dawid was op daardie dag bang vir God en het gesê: “Hoe kan ek die ark van God na my huis toe bring?”

13. Dawid was onwillig om die ark tuis te bring na die stad van Dawid en Dawid het beveel dat dit na die huis van `Oved-`Edom, die Gittiet, gedra word.2 Sh’m 6