Die Boodskap

Spreuke 5:9-13 Die Boodskap (DB)

9. sodat jy tog nie jou mooi liggaam vir ’n ander een gee wat dit nie eens waardeer nie, sodat jy nie jou eer by iemand verloor wat jou nie eens respekteer nie,

10. sodat vreemdes nie jou geld, waarvoor jy hard gewerk het, uitmors nie.

11. As jy nie versigtig leef nie, kan jy sommer ernstig siek word. Op jou sterfbed sal jy dan van die pyn skreeu omdat jou liggaam deur siekte vernietig word.

12. Jy sal ook hartseer wees. Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad wou luister nie.

13. Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en baie ander wyse mense geluister het nie.