Die Boodskap

Spreuke 5:11-16-17 Die Boodskap (DB)

11. As jy nie versigtig leef nie, kan jy sommer ernstig siek word. Op jou sterfbed sal jy dan van die pyn skreeu omdat jou liggaam deur siekte vernietig word.

12. Jy sal ook hartseer wees. Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad wou luister nie.

13. Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en baie ander wyse mense geluister het nie.

14. Jou gedrag maak dat jy dan voor die hele gemeente en al die gelowiges verneder word.

15. Wees eerder lief vir jou eie vrou. Drink van jou eie put en van jou eie fonteinwater. Laat joune joune alleen wees.

16-17. Moet dit nooit met vreemdes deel nie. Geniet die vrou van jou jeug. Laat sy jou verkwik, haar liefde jou vol vreugde maak.