Die Boodskap

Spreuke 3:17-23 Die Boodskap (DB)

17. Dit bring baie aangename dinge. Dit bring vrede binne-in jou.

18. Wysheid is soos ’n boom. Wie daaronder skuil, vind vreugde.Wysheid is die belangrikste in die lewe. Selfs God het alles met wysheid geskep.

19. Met wysheid het God die aarde gemaak en die hemele met insig aanmekaargesit.

20. Sy kennis het fonteine uit die dieptes laat opspring en het wolke reën gegee.

21. Jong vriend, daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie. Een is ’n begeerte om reg te leef. Die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen.

22. Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier.

23. Dan sal jy ook veilig en beskut voel.