Die Boodskap

Spreuke 23:1-3 Die Boodskap (DB)

1. As jy saam met ’n belangrike persoon eet, let op jou tafelmaniere.

2. Al is jy baie honger, moet jy nie gulsig wegval en alles vinnig opeet nie.

3. Moet ook nie so na die gasheer se kos staar dat almal ongemaklik voel nie. Sy kos is tog nie so lekker as wat jy dink nie.