Die Boodskap

Spreuke 2:14-22 Die Boodskap (DB)

14. hulle wat dit geniet om heeltyd verkeerde dinge te doen.

15. Hulle loop op verkeerde paaie in die verkeerde rigting.

16. ’n Wyse lewenshouding sal ’n jongman teen ’n los vrou beskerm, veral teen haar wat hy van geen kant af ken nie en wat hom met haar woorde wil probeer verlei.

17. So ’n vrou het haar man en kinders verlaat en die huweliksooreenkoms voor God heeltemal vergeet.

18. Wie haar besoek, ervaar iets van die dood.

19. Wie met haar gemeenskap het, sink in ’n donker put weg. Hy sal geestelik sterf. Sy lewenskoers is hy vir altyd kwyt.

20. Meng eerder met mense wat die Here liefhet, met mense wat weet hoe om gelukkig te leef.

21. Opregte gelowiges sal die goeie van die aarde geniet. Hulle wat reg lewe, sal die lekker dinge van die lewe smaak.

22. Dommes wat nie weet hoe om reg te leef nie, sal egter niks van hierdie goeie dinge ervaar nie. Hulle is ongelukkige mense.