Die Boodskap

Rigters 5:16-20 Die Boodskap (DB)

16. Hoekom het jy by die kampvuur bly sit,bly luister na die wagters wat hulle veetroppe roep?Ja, die stam van Ruben was verdeeld,hulle kon nie besluit wat om te doen nie.

17. Gilead het aan die oostekant van die Jordaanrivier gebly,en waarom het Dan by die huis gebly?Aser het langs die kus bly sit,hom nie verroer uit hulle hawestad nie.

18. Maar Sebulon was bereid om lewens te waag in die stryd. Naftali het die dood op die berge in die oë gekyk.

19. “Die konings van Kanaän het gekom,hulle het by Taänak en die fonteine van Megiddo oorlog gemaak,maar hulle het nie oorlogsbuit saam met hulle teruggevat nie.

20. Die sterre van die hemel het ook geveg; soos hulle deur die hemel beweeg,het hulle teen Sisera geveg.