Die Boodskap

Rigters 11:36-40 Die Boodskap (DB)

36. Sy sê toe vir hom: “As Pa Pa se woord vir die Here gegee het, moet Pa doen wat Pa belowe het, want die Here het Pa gehelp om Pa se vyande, die Ammoniete, te verslaan.

37. Maar bewys my net een guns,” het sy gevra. “Laat my toe om twee maande lank berge toe te gaan om daar saam met my vriendinne te gaan treur dat ek as ’n maagd gaan sterf.”

38. “Gaan gerus,” het hy gesê. Sy en haar vriendinne is toe daar weg berge toe om te gaan treur oor die feit dat sy ongetroud en kinderloos sou sterf.

39. Na twee maande het sy teruggekom na haar pa toe en hy het sy gelofte teenoor die Here nagekom. Sy het as ’n maagd gesterf.

40. So het die gebruik in Israel ontstaan dat jong Israelitiese meisies elke jaar vier dae lank gaan treur oor Jefta die man van Gilead se dogter.