Die Boodskap

Psalms 51:16-21 Die Boodskap (DB)

16. God, help my om nie ander mense se lewe te vernietig nie!U is die God wat my lewe heelmaak.Help my om vol blydskap vir ander te vertel van die goeie dinge wat U doen.

17. Here, sit al die regte woorde waarmee ek U kan prys in my mond.

18. Here, U wil nie hê dat ons U moet probeer vergoed vir alles wat U vir ons doen nie. Anders sou ek dit doen. U vra nie offers van ons nie.

19. Al wat U wil hê, is dat iemand laag voor U buig en kom sê hy is jammer oor sy verkeerde dade.God, U sal nooit iemand wat sleg voel oor sy sonde van U af wegstoot nie.

20. Wees goed vir u kinders, Here. Bou u mense se lewe weer op.Dan sal hulle weer dinge doen wat U gelukkig maak.

21. Dan sal hulle U weer voluit dien met alles wat hulle het.Hulle sal vir U hulle heel beste gee.