Die Boodskap

Psalms 45:3-7 Die Boodskap (DB)

3. U, o koning, staan uit tussen alle mense.Almal sien u mooi voorkoms raak.As u praat, kan ’n mens altyd luister.God is altyd baie goed vir u.

4. Maak u reg vir die oorlog, dapper vegter.U is so sterk, magtig en belangrik.

5. Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is.Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart.Ja, u doen magtige dinge.

6. U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ’n kans nie.

7. U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees.U regeer regverdig.