8. God, niemand kan sonder u goedheid leef nie.U pas almal op wat by U kom wegkruip.
9. U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe.U gee vir ons meer as wat ons nodig het.U is baie goed vir ons.
10. U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
11. God, U moet asseblief nooit ophou om lief te wees vir al u kinders nie, dié mense wat U as God erken en reg voor U lewe.
12. Keer dat hoogmoedige mense my rondstamp.Keer dat sondaars my uit u hand ruk.
13. Slegte mense kom altyd sleg daarvan af by U;op die ou end bly daar niks van hulle oor nie. Hulle bly lê.