Die Boodskap

Psalms 30:10-13 Die Boodskap (DB)

10. Ek het vir U gesê: “Wat help dit U as ek doodgaan?Kan iemand wat dood is, U prys?’n Dooie kan tog nie vertel hoe goed U is nie.

11. Help my, Here. Maak u hart vir my groot oop. Wees weer goed vir my.”

12. Ek was baie hartseer, maar U het my lewe met blydskap volgemaak.Nou huil ek nie meer nie.Ek spring in die lug van vreugde.U het my ’n groot eer aangedoen. Ek vier fees.

13. Daarom sal ek lofliedere vir U sing.Ek sal nie stilbly nie.Here, my God, ek sal nooit ophou om U te prys nie.