Die Boodskap

Psalms 3:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Maar, Here, U beskerm my van alle kante teen hulle.Hulle sal my nie in die grond in trap nie.U help my om nie die handdoek in te gooi nie.

5. Ek roep so hard as wat ek kan tot die Here.Hy hoor my as ek bid. En Hy antwoord my.

6. In die aand kan ek gaan slaap sonder om te lê en rondrol van bekommernis.In die môre word ek rustig wakker, want ek weet die Here sal my krag gee om my probleme op te los.

7. Ek is nie bang nie, al staan ’n skare mense reg rondom my, gereed om my aan te vat.

8. Staan op, Here! O my God, red my!U het almal stilgemaak wat my wil seermaak.U kan mense wat U nie dien nie, se mond maklik stilmaak.

9. Dit is net die Here wat ’n mens kan red.Hou tog u hand oor u kinders, Here!