Die Boodskap

Psalms 22:2-5 Die Boodskap (DB)

2. My God, my God, waarom los U my heeltemal alleen?U help my nie.Ek skree totdat ek blou word, maar U is weg.

3. My God, ek roep U heeltyd; ek hou nie op met bid nie, heeldag en heelnag lank, maar van U is daar geen teken nie. U is doodstil.

4. U is die Een wat baie belangrik en groot is.U kinders het groot respek vir U.U is waar hulle U loof.

5. Ons oupas en oumas het op U vertrou.Hulle het U vertrou en U het hulle nie in die steek gelaat nie. U het hulle gehelp.