Die Boodskap

Psalms 20:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Een ding weet ek nou. Die Here sal die persoon wat Hy koning maak, ook ’n oorwinnaar maak.Hy sal sy gebede beantwoord vanuit sy woonplek.Omdat die Here so sterk is, sal die Here hom altyd laat wen.

8. Party mense dink hulle goeie oorlogswapens en vegvoertuie gaan hulle laat wen. Ons weet van beter.Dit is die Here ons God wat ons laat wen. Ons vertrou op Hom.

9. Daardie ander mense sak inmekaar. Hulle kan nie bly staan nie.Maar ons bly onwrikbaar staan.

10. Laat die koning asseblief wen, o Here. Luister asseblief as ons bid.