Die Boodskap

Psalms 2:3-12 Die Boodskap (DB)

3. “Laat ons in opstand teen hulle kom en ons vrymaak van hulle.”

4. Maar God, daar in die hemel, lag lekker vir hulle.Die Here skeer gek met hulle.

5. Dit maak die Here kwaad en Hy bly nie stil nie.Sy woorde laat hulle bewe van skrik:

6. “Ek self het hom as koning aangestel op die heilige berg in Jerusalem.”

7. Laat ek julle vertel wat die Here vir my gesê het:“Jy is my seun. Van hierdie dag af is Ek jou Vader.

8. Jy moet net vra, en Ek sal jou die heerser oor baie mense, ja, oor die hele wêreld maak.

9. Jy sal hulle met ’n ysterhand regeer.Die een wat nie na jou luister nie, gaan teëspoed kry.”

10. Gebruik nou julle verstand, leiers van hierdie wêreld; wees wakker.

11. Ken julle plek en dien die Here met respek; maak sy Naam groot.

12. Dien Hom nederig. Hou Hom tevrede en moenie Hom kwaad maak nie.As julle Hom kwaad maak, gaan julle swaarkry, glo my. Moet dit nie eens probeer nie.As jy aan die kant van die Here gaan staan, sal jy nie jammer wees nie.