Die Boodskap

Psalms 2:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Waarom maak slegte mense in die geheim planne teen die Here?Waarom dink hulle allerhande dinge uit wat tog niks help nie?

2. Wêreldleiers probeer belangrik lyk. Hulle probeer saamspan teen die Here en teen die koning wat Hy spesiaal gekies het. Hierdie mense beplan en sê:

3. “Laat ons in opstand teen hulle kom en ons vrymaak van hulle.”

4. Maar God, daar in die hemel, lag lekker vir hulle.Die Here skeer gek met hulle.

5. Dit maak die Here kwaad en Hy bly nie stil nie.Sy woorde laat hulle bewe van skrik:

6. “Ek self het hom as koning aangestel op die heilige berg in Jerusalem.”