Die Boodskap

Psalms 16:8-11 Die Boodskap (DB)

8. Daar is nie ’n oomblik van die dag dat ek nie aan die Here dink nie.Hy is die belangrikste in my lewe.Hy is altyd by my.

9. By Hom is ek veilig; Hy hou my op die regte pad.Ek is baie bly;my blydskap hou nooit op nie.U sal nie toelaat dat die dood my onkant betrap nie.

10. Die dood kan niemand wat U liefhet uit u hand wegruk nie. Ek sal nie in die graf beland nie.

11. U sal my leer om reg te lewe.Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U te wees nie.U gee altyd vir u kinders die heel beste.Hulle kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U.