Die Boodskap

Psalms 15:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Here, watter mens mag voor U kom staan?Wie mag in u huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?

2. Iemand wat so optree dat U heeltemal tevrede is met wat hy doen, mag daar kom; ja, hy wat reg doen, wat U wil hê. So iemand praat altyd die waarheid.

3. Hy skinder nie en praat nie sleg oor ander nie, en steek ook nie sy vriend in die rug nie.Dit is iemand wat nie dinge sê wat iemand anders seermaak nie.