Die Boodskap

Psalms 13:2-4 Die Boodskap (DB)

2. Hoe lank gaan U my nog alleen los, Here?Gaan U my aanmekaar bly vergeet?As U my nie help nie, voel dit of my swaarkry ’n ewigheid lank aanhou.Hoe lank gaan U niks aan my krisis doen nie?

3. Hoe lank moet ek myself uit hierdie moeilikheid probeer kry?Ek is moeg daarvoor om aanmekaar bekommerd te wees.Hoe lank gaan my vyande my nog teen die planke vasdruk?

4. Gee tog aandag en antwoord my, Here my God;maak my weer gelukkig.Anders is daar geen ander uitweg vir my as die dood nie.