Die Boodskap

Prediker 7:27-29 Die Boodskap (DB)

27. Al hierdie kennis en insig het ek stukkie vir stukkie gekry toe ek die lewe bestudeer het.

28. Daar is nog iets wat ek gesien en waarop ek geen antwoord het nie. En dit is dat jy dalk nog ’n goeie man tussen duisend mense sal kry, maar nie so ’n vrou nie.

29. Ek het tot die slotsom gekom dat God die mens maar ’n eenvoudige wese gemaak het, maar dat hy altyd moeilike vrae vra.