Die Boodskap

Prediker 6:5-11 Die Boodskap (DB)

5. So iemand ken nie die lewe nie, maar het ten minste meer rus

6. as iemand wat nie die goeie van die lewe kan geniet nie. Albei word in elk geval weer stof. Al leef iemand ook 2 000 jaar, maar hy kan nie die lewe geniet nie, is alles sinloos.

7. Al waarvoor die mens werk, is om sy maag vol te kry, want hongerpyne verdwyn nooit nie.

8. Hoe is ’n wyse beter daaraan toe as ’n dwaas? En watter waarde het dit vir ’n arme om reg te leef?

9. Absoluut niks nie. Dit is ’n gejaag agter wind aan, want dit is beter om iets te besit as om voortdurend daarna te smag.

10. Alles is vooraf bepaal. Wat kan ’n mens daaraan doen? Wie kan tog teen iemand veg wat sterker as jy is?

11. Hoe meer jy probeer, hoe meer deurmekaar en sinloos word die lewe.