Die Boodskap

Prediker 4:13-17 Die Boodskap (DB)

13. Dit is goed as ’n jong, intelligente man oor die land regeer. Al kom hy uit ’n arm familie en al was hy in die tronk,

14. is hy nogtans beter as ’n dom, ou koning na wie niemand luister nie.

15. Ek het gesien hoe al die mense ’n jong koning ondersteun.

16. Baie mense het van hom gehou, maar volgende geslagte het nie eens meer aan hom gedink nie. Dit wys net hoe sinloos alles is. Alles kom tot niks.

17. Maak seker wat jou motiewe is as jy na die huis van God toe gaan om die Here te dien. Gaan eerder soontoe om te luister en te leer as om soos ’n dwaas offers te bring, maar net mooi niks daarvan te verstaan nie. ’n Dwaas doen en sê net altyd die verkeerde dinge.