Die Boodskap

Prediker 4:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Ek het weer rondom my gekyk en al die slegte dinge raakgesien wat op aarde gebeur. Mense wat deur ander mishandel en verdruk word, het gehuil, maar niemand het hulle getroos nie. Die onderdrukkers het die mag gehad, maar hulle lewe was ook sonder geluk of blydskap.

2. Ek beny daardie mense wat klaar dood is, want hulle is beter daaraan toe as dié wat nog leef.

3. Van almal is die mense wat nog nie gebore is nie, die gelukkigste, want hulle het nog nie al die slegte dinge op aarde gesien nie.

4. Ek het ook agtergekom waarom mense soms so hard werk. Dit is uit jaloesie omdat mense mekaar niks gun nie. Sulke arbeid is absoluut sinloos. Dis niks anders as ’n gejaag agter wind aan nie.