Die Boodskap

Prediker 11:8-10 Die Boodskap (DB)

8. As iemand lank leef en oud word, moet hy die lewe geniet. Hy moet egter ook aan die dood dink en onthou dat die tyd na die dood lank gaan duur. Alles is sinloos. Daar is niks om na uit te sien nie.

9. Jongmens, geniet daarom jou lewe en wees altyd gelukkig. Gaan oral waar jou hart en jou oë jou lei. Leef altyd voluit. Doen waarvan jy hou. Maar onthou, God sal jou nog oordeel. Jy sal aan Hom rekenskap moet gee van alles wat jy doen.

10. Jongmens, verban alle verdriet en pyn uit jou hart, want ’n mens is nie vir altyd jonk nie. Jonkwees kom ook tot niks.