Die Boodskap

Openbaring 9:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Die vyfde engel se trompet weerklink toe. Juis toe val my oog op iemand wat soos ’n ster van bo af op die aarde afkom.

2. Hy het die sleutel gekry wat die ingang na die onder-aardse dieptes oop- en toesluit. Toe hy die ingang oopsluit, borrel daar ’n digte rookmassa uit hierdie onderaardse diepte uit.