Die Boodskap

Levitikus 21:6-18 Die Boodskap (DB)

6. Hulle moet heeltemal toegewyd wees aan hulle God en hulle moenie iets doen wat sy Naam oneer sal aandoen nie. Hulle moet op ’n manier leef wat wys dat hulle met alles aan die Here behoort. Dit is hulle werk om die offers vir die Here te bring en sy offerdiens by die tent aan die gang te hou.

7. Iemand wat by die Here se tent werk, mag nie met ’n prostituut trou of met ’n vrou wat in die skande gekom het nie. Hy mag ook nie met ’n vrou trou wat van haar man geskei is nie. Hy moet afgesonder en aan sy God toegewy leef.

8. Omdat hy die een is wat die offer vir God bring, moet jy hom respekteer as een wat net vir God leef. Jy moet hom behandel as iemand wat aan God behoort. Ek, die Here, is die enigste God. Ek verbind julle aan My sodat julle aan niemand anders behoort nie.

9. As die dienaar by God se tent ’n dogter het wat ’n prostituut geword het, bring dit haar pa in die skande. Sy moet met vuur verbrand word.”

10. “Die persoon wat aangestel is om die leier van die dienaars by die Here se tent te wees en die spesiale klere daarvoor dra, mag nie sy hare los laat hang of sy klere skeur wanneer hy treur oor iemand wat dood is nie.

11. Hy mag nie sy belangrikheid verminder en naby enige dooie mens kom nie. Selfs nie eens as sy pa of ma dood is, mag hy

12. by die tent van die Here weggaan nie. Dit sal die Here se plek iets alledaags maak. Hy is tog anders. Die Here het hom spesiaal aangestel vir sy werk. Ek is die Here.

13. Hy mag net met ’n vrou trou wat nog nie by ’n man geslaap het nie.

14. Sy mag ook net uit sy eie volk kom. Hy mag glad nie met ’n weduwee trou, of met ’n geskeide vrou of een wat in die skande gekom het, of een wat ’n prostituut is nie.

15. As hy met een van hulle sou trou, mag die kinders wat hy by die vrou kry, glad nie by die Here se tent kom werk nie. Ek is die Here. Ek het hom aan My alleen toegewy.”

16. Die Here het verder vir Moses gesê

17. om Aäron te beveel dat niemand uit sy nageslag wat ’n fisieke gebrek het, ooit die offers by die tent mag bring nie.

18. “Iemand wat blind is, of kreupel of gebreklik is aan sy lyf,