Die Boodskap

Josua 22:32-34 Die Boodskap (DB)

32. Hiermee is Pinehas die seun van die priester Eleasar en die ander leiers van die volk uit Gilead weg, terug Kanaän toe om aan die Israeliete te gaan rapporteer.

33. Die Israeliete was tevrede met wat hulle gehoor het en hulle het God geloof. Hiermee was al hulle oorlogspraatjies ook op ’n end.

34. Die mense van Ruben en Gad het die altaar “Getuie” genoem, “want,” het hulle gesê, “dit dien as getuie dat die Here God is.”