Die Boodskap

Josua 21:26-41-42 Die Boodskap (DB)

26. Die Kehatgroep het dus altesaam tien stede met hulle weivelde gekry.

27. Uit die gebied van die ander helfte van die Manassestam is die twee stede Golan in Basan, wat een van die toevlugstede was, en Astarot saam met hulle weivelde aan die Levitiese families in die Gersongroep toegeken.

28. Uit die gebied van Issaskar het hulle die vier stede Kisjon, Daberat,

29. Jarmut en En-Gannim met hulle weivelde gekry.

30. Hulle het ook vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Aser gekry: Misal, Abdon,

31. Gelkat en Regob;

32. en uit die gebied van Naftali drie stede met hulle weivelde: die toevlugstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan.

33. Die Gersongroep het dus altesaam dertien stede met hulle weivelde gekry.

34. Aan die res van die Levietefamilies, dié in die Merarigroep, is vier stede elk met hulle weivelde uit die gebiede van Sebulon, Ruben en Gad toegeken. Uit die gebied van Sebulon was dit: Jokneam, Karta,

35. Dimna en Nahalal;

36. uit die gebied van Ruben: Beser, Jahas,

37. Kedemot en Mefaät;

38. en uit die gebied van Gad die toevlugstad Ramot in Gilead, Maganajim,

39. Gesbon en Jaser.

40. Die Merarigroep het dus altesaam twaalf stede met hulle weivelde gekry.

41-42. Uiteindelik het die Leviete 48 stede met hulle weiding besit uit die totaal van wat aan die Israeliete behoort het.