Die Boodskap

Josua 21:1-2-4 Die Boodskap (DB)

1-2. By Silo in Kanaän het die leiers van die stam van Levi met die priester Eleasar, Josua en die leiers van die ander stamme gaan onderhandel en vir hulle gesê: “Die Here het deur Moses beveel dat ons stede moet kry om in te woon, asook weiding vir ons vee.”

3. Daarom het die Israeliete in opdrag van die Here die volgende stede met weiding uit hulle eie grondgebied vir die Leviete gegee.

4. Die eerste familiegroep wat blyplek gekry het, was die afstammelinge van die priester Aäron, wat lede was van die Kehatgroep uit die stam van Levi. Hulle het altesaam dertien stede gekry uit die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.