Die Boodskap

Josua 17:15-18 Die Boodskap (DB)

15. “Wel,” sê Josua toe vir hulle, “as die bergagtige gebied van Efraim te klein is vir julle, is daar niks wat julle verhinder om die beboste gebiede van die Feresiete en die Refaïete vir julleself in te neem, dit te ontbos en daar te gaan bly nie.”

16. “Die bergagtige gebied is beslis te klein vir ons,” het hulle geantwoord, “maar die probleem is dat die Kanaäniete wat in die vlaktes bly, almal ysterstrydwaens het waarmee hulle oorlog maak. Dit geld nie net die Kanaäniete wat in Bet-San en die omringende dorpies bly nie, maar ook dié wat op die Jisreëlvlakte bly.”

17. Hierop sê Josua toe vir die stamme van Efraim en Manasse: “Julle is inderdaad ’n groot en sterk groep mense. Daarom sal julle meer as een deel kry.

18. Die bosdele van die bergagtige gebied behoort ook aan julle. Ontbos soveel daarvan as wat julle wil en gaan woon daar. Wat die Kanaäniete betref, ek weet hulle is sterk en hulle het ysterstrydwaens, maar ek is seker dat julle sterk genoeg is om hulle uit die gebied uit te verdryf.”