Die Boodskap

Josua 16:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Van Janoag af draai dit suid in die rigting van Atarot en Naära en dan teen Jerigo verby tot by die Jordaan.

8. Van Tappuag af loop die grens wes, al met die Kanaspruit langs tot by die Middellandse See. Dit was die gebied wat aan Efraim se nageslag behoort het.

9. Hulle het ook ’n aantal dorpe en stede binne die grondgebied van Manasse gekry.

10. Hulle het nie die Kanaäniete uit Geser uit verdryf nie, maar hulle toegelaat om tussen hulle te bly woon en hulle as dwangarbeiders vir hulle laat werk.