Die Boodskap

Josua 16:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die gebied wat die kinders van Josef gekry het, het gestrek van die Jordaan af naby Jerigo, by ’n punt oos van Jerigo naby die fonteine waar Jerigo se drinkwater vandaan gekom het. Van daar af loop die grens deur die woestyn in die bergagtige gebiede in tot so ver as Bet-El.

2. Van Bet-El af loop dit na Lus toe en dan oor die grondgebied van die Erekiete tot by Atarot.

3. Hiervandaan gaan dit weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot so ver as Bet-Goron-Onder en dan oor Geser tot waar dit doodloop teen die Middellandse See.

4. Die families van Josef se seuns, Manasse en Efraim, het hierdie gebied gekry.

5. Efraim se stamgebied het gestrek vanaf Atrot-Addar in die ooste tot by Bet-Goron-Bo