Die Boodskap

Josua 14:5-7 Die Boodskap (DB)

5. Die land is streng volgens die Here se opdrag aan Moses verdeel.

6. By Gilgal het ’n afvaardiging van die stam van Juda onder leiding van Kaleb die seun van Jefunne, ’n Kenassiet, na Josua toe gekom. Kaleb sê toe vir Josua: “Jy onthou mos wat die Here vir Moses, die man van God, oor my en jou gesê het daar by Kades-Barnea.

7. Ek was 40 jaar oud toe Moses die Here se dienaar my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan verken. Die verslag wat ek teruggebring het, was eerlik.