Die Boodskap

Josua 13:14-21 Die Boodskap (DB)

14. Net die stam van Levi het nie ’n eie grondgebied gekry nie. Hulle erfdeel was, soos die Here beloof het, ’n deel van die offers wat op die altaar aan die Here, die God van Israel, geoffer is.

15. Aan die families in die stam van Ruben het Moses die volgende gebiede toegeken:

16. van Aroër, die stad in die middel van die vallei op die oewer van die Arnonrivier, af tot by die platorand van Medeba.

17. Ook Gesbon en die ander stede op die platorand: Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,

18. Jahas, Kedemot, Mefaä,

19. Kirjatajim, Sibma, Seret-Sagar op die berg in die vallei,

20. Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot.

21. Hierdie gebied het al die stede op die platorand ingesluit, asook die hele koninkryk van koning Sihon. Hy was die Amoritiese koning wat in Gesbon regeer het en wat saam met die leiers van Midian Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba deur Moses verslaan is.