Die Boodskap

Josua 1:15-18 Die Boodskap (DB)

15. Nadat die Here vir julle volksgenote ook ’n rusplek gegee het soos vir julle, en nadat julle hulle gehelp het om die land wat die Here julle God vir hulle gee, in te neem, kan julle weer hierheen terugkom. Dan kan julle hier aan die oostekant van die Jordaan kom bly. Dit is die gebied wat Moses, die Here se dienaar, vroeër aan julle gegee het.”

16. Hulle het Josua geantwoord: “Ons sal alles doen wat jy sê en ons sal gaan waarheen jy ons stuur.

17. Ons sal na jou luister soos ons na Moses geluister het. Mag die Here jou God by jou wees soos Hy by Moses was.

18. Enigeen wat nie doen wat jy sê nie, moet doodgemaak word. Wees jy maar net sterk en vasberade!”