Die Boodskap

Jesaja 37:24 Die Boodskap (DB)

Jy het jou amptenare gestuur om die Here te spot en uit te tart. Dit is jy wat gespog het oor hoe baie strydwaens jy het en hoedat jy met hierdie strydwaens reg oor die Libanonberge sal ry, hoedat jy selfs die hoogste en mooiste seder- en sipresbome tot teen die grond gaan afkap. Jy het gespog dat jy die hoogste wegkruipplekke uitgesnuffel het en diep in die bos ingedring het sodat niemand vir jou kan wegkruip nie.

Jesaja 37

Jesaja 37:19-29