Die Boodskap

Jesaja 31:9 Die Boodskap (DB)

Assirië se koning op wie hulle al hulle hoop gevestig het, sal paniekbevange op die vlug slaan. Hulle offisiere sal vol vrees van die slagveld af weghardloop en hulle soldate net so in die steek laat. So sê die Here ter ere van wie die vuur op die altaar in Sion vir die offers brand en ter ere van wie die altaar in Jerusalem van die brandoffers rook.

Jesaja 31

Jesaja 31:1-9